July 23, 2010

Jesus het ‘n plan gehad

Filed under: Esté Geldenhuys — Esté @ 11:34 am

“ … sodat Hy nie meer openlik in ‘n stad kon ingaan nie …”  Markus 1:45

‘n Melaatse kom na Jesus. Hy sê sowaar vir Jesus “As U wil, kan U my reinig”. En toe wil Jesus. En Hy doen dit. En toe spreek Jesus hom ERNSTIG aan en sê vir hom: “Pas op dat jy aan niemand iets vertel nie, maar gaan vertoon jou aan die priester en offer vir jou reiniging wat Moses voorgeskryf het, tot ‘n getuienis vir hulle.”

Waarom hierdie opdrag?

1. Jesus het gekom om die wet te vervul – daarom stuur Hy hom na die priesters – om die wet te vervul.

2. Jesus het ook geweet dat hierdie besoek aan die priesters die enigste manier sou wees wat hierdie man weer in die gemeenskap verwelkom sou word.

3. Jesus het ook geweet dat daar vorentoe moeilikheid met die godsdienstige leiers gaan kom en Hy sou hulle daarom geen rede gee om Hom te vervolg nie.

4. En baie belangrik!! JESUS HET ‘N PLAN GEHAD!

Watter plan? Hy het geweet wanneer en hoe Hy Homself aan die mense sou openbaar as die Messias. Dit sou nie kom deur sensasie nie. Hy het geweet hoe sensasiebehep die mens is en wat dit aan die massa doen en presies hoe dit Hom in Sy opregte aanbieding van Sy hemelse waarheid sou kortwiek. Jesus het ‘n plan gehad … en hierdie man het in sy vreugde en oor-entoesiasme, Jesus se Goddelike plan gedwarsboom.

Die uiteinde? Hierdie man wat genees is van melaatsheid, se optrede het veroorsaak dat Jesus “… nie meer openlik in ‘n stad kon ingaan nie; maar Hy was buite in verlate plekke, …”

Leef ek op ‘n vlak van gehoorsaamheid wat juis níe die planne van Jesus dwarsboom nie?

Esté Geldenhuys

July 19, 2010

Vader kan jou nie vergeet nie

Filed under: Esté Geldenhuys — Esté @ 9:58 am

Ek lees die volgende verstommende gedagte raak in die boek “My Allerbeste vir Sy Allerhoogste”, geskryf deur Oswald Chambers:

By die inskrywing van 16 Julie, skryf Chambers oor Matt 7:11

As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!

Chambers noem ‘n paar dinge en kom dan uit by die volgende gedagte:

As ek ‘n geesvervulde mens is, is ek seker daarvan dat ons Hemelse Vader my Vader is, dat Hy my liefhet en dat ek nie aan ‘n enkele ding kan dink wat Hy dalk kan vergeet nie.

Dus, as geesvervulde mens wat leef met die bewustheid dat Hy altyd van my weet, dat Hy voortdurend al my behoeftes ken en dat Hy niks van my vergeet nie – het ek mos nie nodig om my oor enigiets te bekommer nie!

Mag jou week geseënd en sonder kommer wees!!

Esté Geldenhuys

I love hearing from you!

Filed under: Linda Ritchie — Linda @ 8:55 am
  • Great news, Lesege!

I pray that God will continue to give You His peace and wonderful assurance that there is no need to worry because He is omnipotent and able to do the impossible!

  • Thanks for your feedback, Sebo.

I am so humbled that God used this blog to work in your life. All praise to Him! I pray that you will continue to give all your concerns to Him and experience His indescribable peace in your life.

Shalom,

Linda Ritchie

July 14, 2010

Don’t Worry, Be Prayerful

Filed under: Linda Ritchie — Linda @ 8:54 am

Why do we worry so much? We worry about our finances. We stress about the threat of xenophobic attacks in our country.We stew over our child’s hooligan-like behaviour. We fret about losing our jobs. Sound familiar?

I believe we worry so much because we think that there is nothing we can do about certain situations in our lives.

But there is something we can do. It’s remarkably simply and unbelievably effective.

We can pray!

In Philippians 4:6 and 7 Paul writes;

Do not be anxious about anything, but in everything, by prayer and petition, with thanksgiving, present your requests to God. And the peace of God, which transcends all understanding, will guard your hearts and your minds in Christ Jesus.

And in Matthew 6:31-33, Jesus says;

So do not worry, saying, ‘What shall we eat?’ or ‘What shall we drink?’ or ‘What shall we wear?’ For the pagans run after all these things, and your heavenly Father knows that you need them. But seek first his kingdom and his righteousness, and all these things will be given to you as well.

These verses remind me about a song from my childhood:

Why worry when we can pray?

Trust Jesus, He will lead the way.

Don’t be a Doubting Thomas,

But ‘ly fully on His Promise,

So why worry, worry, worry, worry

When you can pray?

Good question! If we profess to be true followers of Christ, then worry has no place in our lives, but prayer does. Replace worry with prayer. The result will astound you.

Linda Ritchie

July 13, 2010

Rebekka was nie slinks of skurkagtig nie

Filed under: Esté Geldenhuys — Esté @ 10:25 am

Mens moenie enigeen op sy baadjie takseer nie. Onthou, ander se boeke is duister om te lees. Voor die kop … maar nie in die krop nie, veral nie as dit by Rebekka kom nie.

Onthou, sy was Laban se suster wat Isak se vrou geword het. Die een wat eintlik bekend is daarvoor dat sy haar jongste, Jakob, die sogenaamde agterbakse hakskeengryper, gehelp het om sy pa te mislei. Vir hierdie rede het mense die gevoel oor haar dat sy nie ‘n vrou van inbors was nie.

Hier is ‘n paar feite oor Rebekka wat jou opinie oor haar mag verander:

1.       Presies dieselfde seën wat in Gen 22:17 oor Abraham uitgespreek word, word oor Rebekka uitgespreek:

Gen 24:60 En hulle het Rebekka geseën en aan haar gesê: Ons suster, mag jy

duisende van tien duisende word, en mag jou nageslag die poort van sy vyande in

besit neem!

Rebekka se ore het hierdie seën gehoor en dit moes ‘n verwagting in haar wakker gemaak het – ‘n verwagting waarmee sy wou saamwerk

2.       Wanneer sy uiteindelik swanger raak, stoei haar tweeling so in haar buik dat sy om hulp roep na die Vader.

Gen 25:23 En die HERE het haar geantwoord: Twee nasies is in jou skoot, en twee volke sal van mekaar gaan uit jou liggaam; en die een volk sal sterker wees as die ander volk; en die oudste sal die jongste dien.

Rebekka, wat onthou dat haar nageslag “die poort van God se vyand sal stormloop”, onthou ook hierdie een.

3.       Haar oudste doen twee dinge wat vir ons opgeteken word, wat aan haar bevestig dat die haar jongste sterker is en dat die oudste hom sal dien:

  • Esau verkoop sy baie kosbare eersgeboortreg aan sy broer vir ‘n nietige pot lensiesop. ‘n Daad wat hy later ontken deur kwaad te word toe Isak die eersgeboorne se seën ontvang – wys jou hoeveel sy woord werd was.
  • Esau trou met twee vroue uit die Hetiete

Gen 26:35 En hulle was vir Isak en Rebekka ‘n bitter verdriet.

  • Na die debakel met Isak wat Esau se seën “gevat” het, gaan Rebekka na Isak:

Gen 27:46 Verder sê Rebekka vir Isak: Ek is moeg vir my lewe vanweë die dogters van Het. As Jakob ‘n vrou neem uit die dogters van Het, soos húlle is, uit die dogters van die land—waarvoor lewe ek dan?

Wow! Hoor jy? Dis totale moedeloosheid, want selfs klink soos depressie!

Al die tyd weet Rebekka dat haar jongste oor haar oudste sal heers en sy weet dit NET OMDAT God dit self aan haar openbaar het!

Al die tyd onthou Rebekka ook dat haar nageslag die poort van God Almagtig se vyand in besit sal neem en Esau se onbetroubare woord, sy ongehoorsame  keuse van vrouens en sy eiegeregtigheid, laat hom nie die toets slaag vir daardie bestormer nie!

Was Rebekka agterbaks oor die Jakob-ding? Of was sy ‘n profetes wat fyn kon luister na die stem van ons Almagtige Skepper en teen verwagting in, onverskrokke gehoorsaam kon optree!?

Takseer ons mekaar nie ook maar op die baadjie nie?

Wat weet ons regtig van ander se roeping in die Here?

Laat ons maar weer dink oor Rom 13:8 … al wat ons mekaar verskuldig is – om mekaar lief te hê.

Esté Geldenhuys

Older Posts »

Powered by WordPress