January 19, 2012

Cancer is limited

Filed under: Wynand Rossouw — Wynand @ 11:56 am

It cannot cripple love,
It cannot shatter hope,
It cannot erode faith,
It cannot eat away peace,
It cannot destroy confidence,
It cannot kill friendship,
It cannot shut out memories,
It cannot silence courage,
It cannot invade the soul,
It cannot reduce eternal life,
It cannot quench the spirit,
and it cannot lessen the power of the resurrection.

Psalm 107:20 “He sent His word and healed them, And delivered them from their destructions.”

September 27, 2011

Filed under: Wynand Rossouw — Wynand @ 2:58 pm

Ek is oortuig in my hart dat hierdie ding nie van die Here af is nie en dat
God baie teleurgesteld is in ons, omdat ons hierdie ding aanmoedig,
adverteer en selfs goedkeur, want as ons nie hierdie ding goedgekeur het
nie sou ons dit ook nie aangestuur het nie.

“Die e-pos gogga.” Hoeveel van julle het al e-pos boodskappe gekry wat so
mooi is en jou so emosioneel raak dat jy trane in jou oë kry en so naby is
om jouself volkome aan die Here oor te gee, maar dan word jy ontnugter deur
een van die volgende stellings:

* Jy moet hierdie e-pos binne vyf minute aanstuur of jy gaan sewe jaar van
“Bad luck” hê.
* As jy die seën van die Here in jou lewe wil hê, moet jy hierdie e-pos vir
vier mense stuur. Ek het dit vir meer as vier mense gestuur en ek weet jy
sal ook.
* Indien jy hierdie e-pos vir sewe mense stuur sal daar ‘n wonderwerk met
jou gebeur.
* Stuur die e-pos aan twee mense en jy sal binne tien dae geld ontvang.
Stuur die e-pos aan vyf mense en jy sal binne drie dae geld ontvang. Stuur
die e-pos aan tien mense en ontvang geld binne twee dae, ens.
* Die geluksgodin gaan jou met haar towerstaf oor die kop slaan en jy sal
nooit weer finansieël sukkel nie. Al wat  jy moet doen is om hierdie e-pos
aan al jou vriende op jou poslys stuur.
* Stuur hierdie e-pos aan sewe mense en iemand gaan jou binne die volgende
uur bel en vir jou groot geluk bring.
* En nou van die mees intimiderendste e-posse: Let us see satan stopping
this one.
* As jy regtig lief is vir God, dan sal jy hierdie boodskap vir almal op jou
poslys stuur.

Is dit hoe goedkoop jou geloof is???

Daar bestaan nie iets soos geluk en wens nie. Daar is net geloof wat bo alle
twyfel weet dat God ons nooit alleen sal laat nie en dat Hy vir Sy kinders
sal voorsien. Hierdie hele wens en geluk ding is bog, want die Bybel is
duidelik hieroor.

* Die Here sal jou nooit los nie!

Hebreërs 13:5&6 Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede
met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit
verlaat nie. Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my ‘n
Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal ‘n mens aan my doen?

* Vra en Hy sal vir jou voorsien!

Matteus 21:22 En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as
julle glo. Johannes 14:14 As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.
Johannes 16:23 En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar,
voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal
Hy julle gee. Matteus 21:22 En alles wat julle in die gebed vra, sal julle
ontvang as julle glo. Johannes 15:7 As julle in My bly en my woorde in
julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.

* Soek altyd eer die aangesig van die Here en kyk wat sal Hy vir jou doen.

Matteus 6:33 Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al
hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

* Daar is net een God soos Hy!

Miga 7:18&19 Wie is ‘n God soos U, wat die ongeregtigheid vergewe en by die
oortreding van die oorblyfsel van sy erfdeel verbygaan? Hy hou toorn nie vir
ewig vas nie, maar het ‘n welbehae in goedertierenheid. Hy sal Hom weer oor
ons ontferm, ons ongeregtighede vertree; ja, U sal al hulle sondes in die
dieptes van die see werp.

Hierdie e-pos gogga is daarop gemik om twyfel en verwaring in mense se harte
te plant. Dit veroorsaak dat mense nie meer op God vertrou nie en eerder op
bygelowe en op geluk staat maak. Bygelowe en wensdenkery is niks anders as
heksery nie, want dit veroorsaak dat jy in die krag van wens en geluk en
ander dinge glo eerder as in die almagtige krag van God.

2 Korintiërs 6:16,17&18 Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die
afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het:
Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en
hulle sal vir My ‘n volk wees. Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle
af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle
aanneem; en Ek sal vir julle ‘n Vader wees, en julle sal vir My seuns en
dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.

Gaan Lees ook Jesaja 65 : 11-12 die geluksgod wat God glad nie behaag nie.

Die Woord van God (Die Bybel) sê baie duidelik.
Hosea 4:6 My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die
kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie
sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou
kinders vergeet.

Moet nie mors met die geesteswêreld indien jy dit nie verstaan nie. Jy kan
vloekke oor jouself bring. Glo jy werklik dat jou omstandighede gaan
verander indien jy ‘n wens maak of dat iemand kan doodgaan indien jy nie
maak soos die e-pos sê nie, of die telefoon gaan lui en jy skielik ‘n
oplossing vir jou finansieële probleme gaan kry as jy tien e-posse aanstuur.
WORD WAKKER!!!

Verder probeer hierdie e-pos gogga om jou skuldig te laat voel. Die wat tot
kennis gekom het en Jesus Christus ken, weet dat Hy ‘n sagmoedige persoon
is. Hy sal nooit iemand dwing om Hom te volg nie. Hy staan geduldig en klop
aan jou hart se deur en vra om in te kom. Die keuse is en sal altyd net
joune bly.

Die Openbaring van Johannes 3:20 Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As
iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam
met hom maaltyd hou, en hy met My.

Daar is heeltemal niks daarmee fout om te vra: “Bid asseblief saam met my
vir ‘n saak nie.” of om iemand te seën met ‘n mooi e-pos, gebed of gedig
nie, maar sommige van hierdie e-pos goggas laat dit blyk asof God ‘n ou man
is wat net kyk waar Hy kan slae uitdeel. In teendeel. Ons weet sonder twyfel
dat God ‘n liefdevolle Vader is.

Johannes 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore
Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar
die ewige lewe kan hê.

Ken jy die Woord van God (Die Bybel) en die God van die Woord (Die Bybel)?
Dan sal jy weet hoe om te onderskei tussen e-pos wat seën en die e-pos
gogga. So terloops, Goggas dra virusse en hulle geaardheid is om aan te hou
vernietig tot daar niks oor is nie. Jesus dwing homself nie af op mense nie.
Dus vra ek jou nou om op te hou om Sy dierbare Naam so te skend. Daarin
teen. Kom ons vertel eerder  vir ons kollegas, vriende en kennisse van Sy
onvoorwaardelike liefde en deel met hulle wat Jesus al vir ons gedoen het.

Kom ons vat hande in die geloof en hou onmiddelik op om hierdie ding, die
“e-Pos Gogga” te voer. Hoe meer hy aangestuur word, hoe groter word hy. Ek
en jy kan ‘n verskil maak Kom ons stel hierdie gogga aan Jesus voor en laat
toe dat Jesus met hom afreken.

Kom ons doen wat die Woord van God sê. Kom ons bemoedig mekaar met gebed
terwyl ons ook mekaar leer. Matteus 22:37-39 En Jesus antwoord hom: Jy moet
die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou
hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee
gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Matteus 28:18-20 En
Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle
mag in die hemel en op aarde. Gaan dan heen, maak dissipels van al die
nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige
Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek
is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.

Kom ons vertrou God om ons te seën met insig, wysheid en ‘n liefdevolle gees van
onderskeiding sodat ons kan onderskei tussen lig en duisternis, reg en
verkeerd.

Jy moet net onthou. Sou jy die een wees wat mense laat skuldig voel oor een
van hierdie e-posse, bring jy ‘n oordeel oor jouself en jy sal eendag self
verantwoording voor God moet doen vir jou dade. Nou moet jy mooi luister. Wat
jy bely is wat jy kry. As jy in valsheid en leuns glo sal dit die lewe wees
wat jy lei.

Here, my gebed vandag is dat U elkeen van my vriende sal toemaak met die
bloed van Jesus Christus. Bewaar en beskerm hulle teen die aanslae van die
bose. Oortuig hulle van sonde wat hulle moontlik in hulle lewens mag hê en
vergewe hulle daarvoor. Gee vir elkeen die gees van onderskeiding om te kan
kies tussen reg en verkeerd en seën hulle in al hulle weë. Dankie Here.
Amen.

(Glimlag! Niemandkan jou liefhê soos God jou liefhet nie! Joh. 3:16)”

May 5, 2011

Wat dink jy?

Filed under: Wynand Rossouw — Wynand @ 3:11 pm

Hierdie is ‘n anonieme skrywe. Wat dink jy daarvan:

“Aan my sigarette

Jy is nader aan my as enige ander lewende wes en ek hou jou in my sak na aan my hart. Met my lippe streel ek jou meer as enige ander lid van my gesin.

As ek wakker word, keer my gedagtes dadelik na jou,  en dit bly daar die hele dag, afgemete elke ontmoeting reeds bepaal.

Ek aanbid gedurig met brandoffers in jou tempel. Op my lessenaar gaan die vure op jou altaar selde dood.

Ek versprei jou wierook in die aangesigte van ander mense ongevraagd – mans, vroue en kinders. Ek is kinderlik afhanklik van jou.

Ek roep jou hulp meer in as wat ek my Skepper se hulp inroep, want jy is my kalmte en vertroosting, daarom gee ek meer geld aan jou as aan die kerk en liefdadigheid tesame.

Ek stel my lewe vir jou in gevaar, want deur te rook kan ek maklik longkanker kry, en dit kan ook die oorsaak wees dat ek sterf aan ‘n hartaanval.

Ek is nie bereid om hierdie risiko vir enige ander godsdiens te loop nie, maar net vir jou.

Ek dra in my liggaam die sigbare getuienis van my toewyding aan jou… die kleur van my vingerpunte en my vel. Mense kan selfs aan my ruik aan wie ek behoort. En oral waar ek was, sien mense die liefdespoor van as.

Ek is jou slaaf… en daarom weet ek jy is my god.

Van hierdie sondige gewoonte, kan Jesus ook jou vandag verlos. Deur sy bloed, kan ook hierdie verslawing die nekslag toegedien word.

Die vraag is: wil jy Hom toelaat om die lyk van hierdie dooie god uit sy tempel te sleep?”

Laat mens dink.

Wynand Rossouw

September 16, 2010

The undiluted Gospel of Jesus Christ ….God in the flesh

Filed under: Wynand Rossouw — Wynand @ 12:01 pm

THE CHARACTER OF GOD

THE HOLINESS OF GOD

Your eyes are too pure to approve evil, and you cannot look on wickedness with favour. Habakkuk 1:3

But your iniquities have made separation between you and God, and your sins have hidden His face from you so that He does not hear. Isaiah 59:2

THE JUSTICE OF GOD

For the Lord is righteous, He loves righteousness; the upright will behold His face. Psalm 11:7

But the Lord of hosts will be exalted in judgement, and the Holy God will show Himself holy in righteousness. Isaiah5:16

God is a righteous judge, and a God who has indignation every day. If a man does not repent, He will sharpen His sword; He has bent His bow and made it ready. Psalm 7:11-12

THE DEPRAVITY & CONDEMNATION OF MAN 

For all have sinned and fall short of the glory of God. Romans 3:23

For all of us have become like one  who is unclean, and all our righteous deeds are like a filthy garments…Isaiah 64:6

For as many as are of the works of the law are under a curse; for it is written,”CURSED IS EVERYONE WHO DOES NOT ABIDE BY ALL THINGS WRITTEN IN THE BOOK OF THE LAW,TO PERFORM THEM.” Galatians 3:10

THE GREAT DILEMMA

He who justifies the wicked and he who condemns the righteous, both of them alike are an abomination to the Lord. Proverbs 17:15

Far be it from You to do such a thing, to slay the righteous with the wicked, so that the righteous  and the wicked are treated alike. Far be it from You! Shall not the judge of all the earth deal justly? Genesis 18:25

GOD’S ACTION 

While maintaining His holiness and justice, the bible also affirms that God is love, and that in love He has responded to the plight of man. 

MOTIVATED BY LOVE

God is love. By this the love of God is manifested in us, that God sends His only begotten Son into the world so that we might live through Him. In this is love, not that we loved God, but that He loved us and sent His Son to be a propitiation for our sins. 1 John 4:8-10

THE CROSS OF CHRIST

For all have sinned and fall short of the glory of God, being justified as a gift by His grace through the redemption which is in Christ Jesus; whom God displayed publicly as propitiation in His blood through faith. This was to demonstrate His righteousness, because in the forbearance of God He passed over the sins previously committed; so that He would be just and the justifier of the one who has faith in Jesus. Romans 3:23-26

THE RESSURECTION

He who was delivered over because of our transgressions, and was raised because of our justification. Romans 4:25

MAN’S RESPONSE

REPENTANCE begins with a recognition and confession that what God says about us is true-we have sinned

For I know my transgressions, and my sin is ever before me. Against You, You only, I have sinned and done what is evil in Your sight, so that you are justified when You speak and blameless when You judge. Psalm 51:3-4

A genuine recognition of our sinfulness and guilt will also lead to genuine sorrow, shame and even hatred for what we have done.

For what am I doing, I do not understand; for I am not practicing what I would like to do, but I am doing the very thing that I hate. Romans 7:15

Wretched man that I am! Who will set me free from this body of death? Romans 7:24

Apparent sincerity of confession alone is never definite evidence of genuine repentance. It must be accompanied by a turning away from sin. Love the things God love and hate the things that God hate.

Wash yourselves, make yourselves clean; remove the evil of your deeds from my sight. Cease to do evil. Isaiah 1:16

…..therefore every tree that does not bear fruit is cut down and thrown in the fire. Matt 3:10

FAITH DEFINED

Now faith is the assurance of things hoped for, the conviction of things not seen. Heb 11:1

….and being fully assured that what God has promised, He was able also to perform.  Romans 4:21

FAITH BASED ON THE PROMISES OF GOD

For God so loved the world, that He gave his only begotten Son, that whoever believes in Him shall not perish, but have eternal life. John 3:16

Believe on the Lord Jesus, and you will be saved……Acts 16:31

EXAMPLE OF A BELIEVER

….worship in the Spirit of God and glory in Christ Jesus and put no confidence in the flesh…. Philippians 3:3

THE BASIS OF GENUINE ASSURANCE

True conversion: A true Christian is a new creation and will live a life that reflect s God’s radical work of re-creation in his/her life

Therefore if anyone is in Christ, he is a new creature; the old things passed away; behold new things have come. 2 Corinthians 5:17

You will know them by their fruits. Grapes are not gathered from thorn bushes nor figs from thistles, are they?  Matt 7:16

Assurance is based upon self- examination in the light of the scripture.

Test yourselves to see if you are in the faith; examine yourselves! Or do you not recognise this about yourselves, that Jesus Christ is in you- unless indeed you fail the test 2 Corinthians 13:5

These things I have written to you who believe in the name of the Son of God, so that you may know that you have eternal life. 1 John 5 :13

REST OF BIBLICAL ASSURANCE

1 John 1 :5-7 (Walking in the light)  1 John 1:8-10 ( Confession of Sin) 1 John 2:2-3 (Obedience) , 1 John 2;9-11 (Love for the brethren), 1 john 2:15-17 (Hatred for the World), 1 John 2:24-25 (Perseverance in Doctrine), 1 John 3:10 (Righteousness), 1 John 4:13 (Spirit’s Testimony), Hebrew 12: 5-8 (Discipline) 

Shalom 

Wynand Rossouw

August 31, 2010

As Adam nie ge-Aghab het nie ….sou Eva nie ge-Jesebel het nie

Filed under: Wynand Rossouw — Wynand @ 10:24 am

Elke keer wanneer die man sy God gegewe  opdrag van Genesis 1  versaak om te heers oor die aarde en sy leierskap posisie neerlê, dan staan die vrou op en moet sy noodgedwong die rol vertolk as leier, koning, priester en profeet.  

Selfs die geloofs Vader Abraham het in die slaggat getrap toe Sara voorstel dat hy by haar slavin ingaan in plaas van wag op die beloftes van God. Die resultaat daarvan sien ons vandag nog in die middeooste en veral in Israel – die  stryd tussen Ismael en Isak. 

Ook hier in Suid Afrika sien ons mans wat hulle leierskap neerlê en nie meer vir hulle gesinne wil sorg nie. ‘n Vrou vra my die ander dag om vir haar te bid want haar man is nou al 10 jaar werkloos en sy kan nie meer die las dra nie. 

1Tim 5:8 sê baie duidelik,” iemand wat nie vir sy eie mense , en veral sy huisgenote , nie sorg nie, het die geloof verloën en is slegter as ‘n ongelowige “. 

Is daar nog ware konings, priesters en profete oor wat nie terugstaan vir hul verantwoordelikhede nie? 

Shalom 

Wynand

Older Posts »

Powered by WordPress