Ek het laas oor die effek wat bekommernis op `n Christen het geblog. Mag ek bietjie dieper saam met jou “blog & delf” oor hierdie baie aktuele probleem vir so baie van ons. (Dankie vir almal se blogging op die blog.)
Kom ons “blog & delf” dieper.
Bekommernisse, sorge, stres en `n suur en ongelukkige ingesteldheid is eintlik oortredings vir `n Christen en `n vreemde ding vir `n “kerkmens”?!
Of wat sê ek dan nou alles??
Lees `n slag Efesiërs 2:1-3 & Efesiërs 5 & 6.
- Sonde in die Griekse taal soos hier in Efesiërs is : “hamartia” : dis `n term uit die “skietwêreld” van pyl & boog-skiet wanneer jy jou teiken te mis.
- Oortredings in die Griekse taal soos hier in Efesiërs is : “paraptooma” : dis `n term vir gly en val.
Hoe raak dit jou wat heeltyd of soms sukkel as `n kind van God met bekommernisse, sorge, stres en `n suur soort ongelukkige ingesteldheid?
Wat het dit met jou te doen ?
- in jou huwelik / as ouers / as kinders / as werknemers / werkgewers etc
- jy`s mos nie `n “hel-verdiende- sondaar” nie
- jy`s mos nie `n mislukking wat jou teiken mis in die lewe nie!!
- jy moor / steel / bedrieg / versuip jou mos nie met drank / of sulke “erge”sondes
- jy`s mos `n ordentlike / “respektabele” / kerkganger en iewers `n lidmaat van `n Kerk
MAAR :
SONDE VERMOOR jou onskuld
SONDE VERMOOR jou ideale
SONDE VERMOOR jou wil
SONDE VERMOOR jou drome
SONDE VERMOOR jou visies
SONDE VERMOOR jou jy-wees in Jesus Christus
En Efesiës sê bekommernisse, sorge, stres en `n suur soort ongelukkige ingesteldheid : IS SONDE!!!
Kenmerkend van `n Christus-lose lewe – `n eie-ek gesentreerde lewe / `n selfgesentreerde lewenswyse is:
- onvergifnis
- het nie vyande lief nie
- is nie diensbaar nie
- EN OOK : bekommernisse, sorge, stres en `n suur soort ongelukkige ingesteldheid
Kry by Jesus die GENADE ONBESKRYFLIK GROOT!!!!!
NET in & deur JESUS!!!!!!!! is daar VERGIFNIS & VRYHEID van BEKOMMERNIS wat jou opvreet van binne af en jou kern vermoor – dit maak jou stadig “al DODER en DODER”!!!!
Stop dit en begin te leef ten spyte van BEKOMMERNIS!!!
Johann Els

wow, wow WOW, dis nou net wat die Here vir my kom se vandag…Dis ‘n saak waarmee ek al ‘n rukkie lank sukkel. Ek sal nie se ek is alreeds op die punt van geen bekommernis nie, maar defnitief is hierdie ‘n beginpunt om ontslae te raak van my ongelukkige ingesteldheid!
Hierdie boodskap is ’spot-on’ vir my gestuur vandag. Dankie Here! Dis nou lekker om net WEER te sien dat U werklik luister na ons gebede, en werklik voorsien…natuurlik op die regte tyd!
Ek sal hard moet werk aan die gevoelens en denke wat hulself gehuisves het in my hart en gees, maar ek is seker ek gaan die een wen (saan met God)!
Dankie Johann Els, jy is ‘n instrument in God se hand! Mag God jou weer-en-weer seën!
Comment by Lisa — March 10, 2010 @ 2:12 pm
Die maklikste “doder en doder” kan in die bediening wees! So maklik om as die predikant/pastoor se vrou die regte geluide te maak, te dood van eensaamheid en naderhand te besef die sonde vermoor jou… want ek moet! Dan kom Jesus en gee ons weer die besef HY LEEF, ons leef en Sy mense leef! Sy genade, so onbeskryflik groot is vir elke dag, vir elke eensame geleentheid, selfs vir werk in die kerk!
Comment by Anita — March 10, 2010 @ 4:47 pm
Wees gegroet dankie dit is weereens spot on Sal moet werk aan al die gevoelens en dan kklaar huil en dit begrawe want bekommernis is nie lewe nie Die Here het vir my uitkoms gegee deur groot en klein dingetjies te doen my bekommernisse vir Hom gegee en Hy werk op Sy tyd daaraan maar was nog nooit laat nie LOOF HOM WANT HY IS WONDERBAAR
Comment by Willie — March 10, 2010 @ 10:37 pm
Ag Johann! Dankie hiervoor… dis so waar. Ons mense kan so maklik ons probleme “self” wil uitsorteer, ons bekommer ons dood, dit beinvloed ons verhoudings en is VERHOUDINGS nie DIE belangrikste ding vir God nie. Ons verhouding met Hom, ons verhouding met ons huweliksmaat, kinders, ouers, vriende, Geloofsfamilie boeties en sussies, met ons medemens wat nog nie glo nie. En as jy nie bou aan veral die laaste verhouding nie, hoe gaan ons mense kan nader en die pad na God kan wys as ons nie bou nie. Nee wat, los die worries vir die Here, Hy is groter as probleme, en werk aan dit wat God vir jou as opdrag gegee het.
Comment by Linda — March 16, 2010 @ 8:25 pm